Happy Holidays

Happy Holidays

Happy Holidays to all and a special thank you to our parents and learners for their part in making this year great.

We love you all.

-Delicuim Academic Centre

InteliGro Cares program reik uit na Delicium Akademiese Sentrum

InteliGro Cares program reik uit na Delicium Akademiese Sentrum

In Julie het ‘n brand in die plafon van die Van der Stel Sportsentrum uitgebreek waarin die Delicium Akademiese Sentrum, ‘n geregistreerde opleidingsentrum vir kinders met leerprobleme soos o.a. outisme, ADHD, ADD, PDA, ‘n gedeelte van die perseel huur. Delicium het slegs drie dae tevore hul rekenaarsentrum met vyf nuwe rekenaars vir die leerders se opleiding en ontwikkeling geopen, maar verloor toe alles deur waterskade tydens die brand se blus.

InteliGro in Wellington het van die groot verlies te hore gekom en besluit om deur die InteliGro Caresinisiatief betrokke te raak. Sewe rekenaars wat deur InteliGro intern vervang sou word is eerder aan Delicium geskenk. InteliGro is reeds op verskeie gebiede in die samelewing betrokke om ‘n beter toekomspad vir mense waar hulle kan, te help bevorder (#StrongerTogether).

Dié rekenaars gaan gebruik word om programme soos Lego Robotics, Cami Maths, Cami Perceptual en Cami Lees vir die kinders aan te bied.  Vir Delicium wat leerders met leerprobleme ondersteun, is hierdie programme van onskatbare waarde om leerders werksgereed voor te berei vir wanneer hulle die sentrum verlaat.

Foto van links na regs: Winnie Lombaard, Anna-Marie Breedt (Sentrum Operasionele Bestuurder), Brendan Williams (InteliChem Groep IT Bestuurder) en Wesley Edwards (InteliChem Groep IT administreerder).

With us, you are Growing Goodness!

InteliGro: info@inteligro.co.za  |  www.intelichem.co.za

Perdedans – Fondsinsameling

Perdedans – Fondsinsameling

Op Saterdag, 2 November 2019 om 19:00 hou Delicuim Akademiese Sentrum ‘n fondsinsameling vir ‘n rekenaarkamer. Dit sal in die vorm van ‘n Perdedans plaasvind by die Van der Stel Sportsklub in Stellenbosch.

Die tema van die aand is ‘Cowboys & Crooks’ en dit beloof om baie pret te wees. Die seremoniemeester vir hierdie geleentheid is Denver Vraagom, wat u dalk al in 7de Laan sou gesien het.

Dit sal ‘n vingerete wees en daar sal ook wyn op die tafels wees. Daar sal ‘n kontantkroeg, DJ en ‘n ‘Photo booth’ wees, wat in die vorm van ‘n perderesies is met prettige stok perdjies as ‘props’. Hope pryse is ook op die spel.

Kaartjies beloop R 200 per persoon.

U kan vir Anna-Marie Breedt skakel vir meer inligting:
061 585 8054